Web

Web

by Naomi Meyer
Web

Web

by Naomi Meyer

eBook

$9.99  $13.13 Save 24% Current price is $9.99, Original price is $13.13. You Save 24%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Sophia se kind is weg. Dalk is sy self óók weg. Haar man is by haar in hul huisie langs Cloetesville, maar sy wonder nietemin soms waar hy is. Sophia droom van Pompeii en van wegloop – weg van elke dag se sleur by die sukkelende webwerf, die baie werkspolitiek en haar man se speurderwerk wat hom aan soveel gesinstragedies blootstel. ’n Jeugliefde staan boonop een dag voor haar in die supermark en krap alles verder deurmekaar. En heeltyd ruik ’n mens die rook: Stellenbosch-kampus is aan die brand. Dan word Sophia ontvoer. Het die man wat haar wegraap – weg, soos sy heeltyd gedink het sy wíl wees – iets met Magriet se verdwyning te doen? Wáár is haar kind? In Naomi Meyer se debuutroman word die Boland en Suid-Afrika se brandpunte helder verlig deur die storie van ’n wit gesin met een bruin kind, hul huiswerker en die vangweb van die geskiedenis.

Product Details

ISBN-13: 9780795801211
Publisher: Queillerie
Publication date: 02/24/2017
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 336
File size: 840 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Ná haar regstudies in Bloemfontein voltooi Naomi haar meestersgraad in Afrikaans met lof by die Universiteit van Kaapstad. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon. Haar jeugroman Ruik jy die filmster het in 2006 by Tafelberg verskyn. Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se inhoudsbestuurder. Web is haar debuutroman vir volwassenes.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews