Truitjie roer my nie: Oor Kempton en ander k-woorde

Truitjie roer my nie: Oor Kempton en ander k-woorde

Truitjie roer my nie: Oor Kempton en ander k-woorde

Truitjie roer my nie: Oor Kempton en ander k-woorde

eBook

$10.49  $11.51 Save 9% Current price is $10.49, Original price is $11.51. You Save 9%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Wat beteken dit as ’n jong Afrikanerman jou beskryf as “nogals orraait”? Hoe trek jy die gehoor se aandag as die basaarpoeding hulle gemesmeraais het? En waar o waar in die wêreld is die Pomona Spur – en hoekom sal jy nooit jou vyfjarige se verjaardagpartytjie daar wil hou nie? Sedert hy enkele jare gelede die SA komediewêreld betree het, het Schalk blitsig ’n ikoniese figuur geraak. Hy’t al vir Trevor Noah geopen, hy was die skattige Danny in die kykNET-reeks Hotel, die uiters gewilde aanbieder van Die Kliek op VIA, en in 2018 sal die volk hom geniet in Die Ware Naarheid, ’n satiriese nuusprogram in spitstyd op kykNET. Sy volgelinge op Facebook en Instagram trek ver verby 30 000, en sy kop staan oorsee se kant toe. In dié piepie-jou-nat-van-die-lag memoire verklap Schalk – en sy soortvan-bestuurder, Erns Grundling – die bisarre en hartroerende dinge wat hy oorgekom het op sy reise regoor die land na oral waar ’n mikrofoon en ’n dronk gehoor hom inwag.

Product Details

ISBN-13: 9780795801785
Publisher: Queillerie
Publication date: 06/06/2018
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 224
File size: 1 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Hierdie krulkopkomediant met sy snor en kenmerkende truitjies is op 26 reeds volksbesit. Sedert hy in 2015 in Trevor Noah se voorprogram opgetree het, het hy meteoriese opgang gemaak as 'n stand-up-komediant, TV-aanbieder en -akteur. Schalk woon in Groenpunt in Kaapstad, maar voorstedelike Kempton Park in Gauteng is sy grootwordplek.
Erns Grundling is ’n TV-aanbieder (kykNET Elders: Die Camino en Via Weg! Agterpaaie) en veelbekroonde joernalis. Hy het voorheen by Weg, LitNet, Insig en Huisgenoot gewerk. Hy is oorspronklik van Port Elizabeth en woon in Kaapstad. Sy 2016-reisboek Elders, oor sy Camino-staptog, was 'n groot treffer.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews