Dwaalstories

Dwaalstories

Dwaalstories

Dwaalstories

eBook

$7.99  $8.29 Save 4% Current price is $7.99, Original price is $8.29. You Save 4%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Die bekoring van Eugène Marais se eenvoudige dwaalstories is tydloos. Daar kan geen leser wees wat nie betower word deur die eerste woorde van Krom Joggom Konterdans se “lied van die reën” nie: Eers oor die bergtop loer sy skelm, En haar oë is skaam; En sy lag saggies. En van ver af wink sy met die een hand. Marais was een van die eerste Afrikaanse skrywyers wat inheemse verhale in die oorspronklike Boesman-Afrikaanse dialek neergepen het. Sy vier “Dwaalstories” is die eerste keer in 1921 gepubliseer.

Product Details

ISBN-13: 9780798173087
Publisher: Human & Rousseau
Publication date: 12/17/2016
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 47
File size: 1 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Eugène Nielen Marais is op 9 Januarie 1871 in Pretoria gebore. Hy het nie net as skrywer bekendheid verwerf nie, maar ook as joernalis, prokureur en wetenskaplike. Hy het na skool by die koerant, Land en Volk, gaan werk, en was op 19-jarige ouderdom reeds die redakteur. Hy het daarna regte in Londen studeer en met die uitbreek van die Anglo Boere-oorlog het hy via Oos-Afrika na Suid-Afrika probeer teruggekeer. Hy het egter malaria opgedoen en het eers na die einde van die oorlog weer Pretoria teruggekeer. Hy het in 1905 in die Waterberg-gebied gaan woon en later is sy studies oor diere, soos bobbejane (The Soul of the Ape) en termiete (Die siel van die mier) gepubliseer. Een van sy bekendste gedigte, “Winternag”, is in 1905 gepubliseer en dit word steeds as een van die belangrikste gedigte in Afrikaanse beskou. Van sy ander bekende gedigte sluit in “Mabalel”, “Skoppensboer” en “Diep Rivier”. Een van sy ander bekende werke is Dwaalstories wat in 1927 verskyn het. Eugène was aan morfien verslaaf en hy sterf op 29 Maart 1936 op die plaas Pelindaba (van sy goeie vriend Gustav S Preller) nadat hy homself geskiet het.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews