Boereverneukers: Afrikaanse swendelaars, swierbolle en swerkaters

Boereverneukers: Afrikaanse swendelaars, swierbolle en swerkaters

by Izak du Plessis
Boereverneukers: Afrikaanse swendelaars, swierbolle en swerkaters

Boereverneukers: Afrikaanse swendelaars, swierbolle en swerkaters

by Izak du Plessis

eBook

$10.49  $11.50 Save 9% Current price is $10.49, Original price is $11.5. You Save 9%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Boereverneuker, -s, kwaksalwer, bedrieër; ook spottend vir prokureur gebruik. Hulle is sjarmant, galant, elegant, belese, berese, gelowig, bedagsaam, selfversekerd, hiperintelligent ... en jy kan nie help om van hulle te hou nie. Maar eintlik is hulle glibberige gladdebekke wat jou in ʼn ommesientjie platsak gaan laat. Want hulle lieg, bedrieg, gee voor. Hulle verdraai, verdoesel, verduister, verwoes. En as jy jou oë uitvee, is jy nie net jou geld kwyt nie, maar ook jou reputasie en status, terwyl die gladdebek lankal soos mis voor die môreson verdwyn het. Sommige van hulle is so goed dat hulle selfs bewonder word ten spyte van hul verfoeilike skelmstreke. Boereverneukers vertel die stories van Afrikaanses wat van ons land se grootste skelmstreke gepleeg het. Van die karakters is minder bekend, maar ander het byna mitiese status in die Afrikaanse psige verwerf, soos die kubuskoning Adriaan Nieuwoudt, die pynmasjienman Gervan Lubbe, die kamma-pediater André Esterhuizen, die Hertzogville-profeet David Francis en die beesbaron Arnold Smith. Selfs die ikoon van die Afrikanerdom, president Paul Kruger, het vir hom ʼn plekkie in die annale van Boereverneukers geskrop.Dalk help hierdie stories jou om vir jouself te lag, aan te gaan met jou lewe en voortaan versigtiger te wees as jy dalk al die slagoffer van ʼn boereverneuker was.

Product Details

ISBN-13: 9781776092192
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 08/02/2017
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 216
File size: 334 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Izak du Plessis is ’n veelbekroonde radiojoernalis en aanbieder by RSG se nuusprogramme Monitor en Spektrum. Hy wen ATKV Mediaveertjies in 2015 en 2017, en in 2016 word hy aangewys as die Vodacom joernalis van die jaar vir radiobydraes. Van sy gedigte is opgeneem in Nuwe stemme 5. Sy grootste prestasie in die lewe is sy twee kinders, Mia en Hendro, vir wie hy onmenslik baie lief is.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews