Dwarsklap: Skakerings van swart in die nuwe Suid-Afrika

Dwarsklap: Skakerings van swart in die nuwe Suid-Afrika

by Piet Matipa
Dwarsklap: Skakerings van swart in die nuwe Suid-Afrika

Dwarsklap: Skakerings van swart in die nuwe Suid-Afrika

by Piet Matipa

eBook

$10.49  $11.50 Save 9% Current price is $10.49, Original price is $11.5. You Save 9%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Piet Matipa is jonk, swart, gay en Afrikaans. Sy rubrieke in Beeld is baie gewild omdat dit aan ’n sonderlinge lewensuitkyk uitdrukking gee. Hy praat vanuit ’n perspektief wat jy nie sommer in Suid-Afrika kry nie. Sy siening van die wêreld is gevorm deur interessante bestemmings waar sy lewenspad aangedoen het. As skolier aan Hoërskool Waterkloof en student aan die Pukke het Piet uitgeblink. Sy skryftande is geslyp as joernalis in Beeld se misdaadkantoor en as sepieskrywer vir 7de Laan, waar hy steeds werksaam is. Nie sleg vir iemand wat in ’n kinderhuis grootgeword het nie! Afrikaans het sy lê op ’n unieke manier in Piet se mond gekry. En vir één ding deins hy nie terug nie: dit is om sy mond verby te praat. In Dwarsklap laat Piet hom uit oor aangeleenthede wat alle Suid-Afrikaners raak. Misdaad en taxi-bestuurders is groot klippe in die skoen. Wenke oor gewigsverlies word gegee, en ook hoe om ’n ontkleedanser by ’n henneparty te kry. En oor liefdesavonture kan jy vir Piet min vertel, veral wanneer sosiale media betrokke is. ’n Hoogs vermaaklike boek wat die donkerte van die lewe in ligte skakerings laat glim.

Product Details

ISBN-13: 9781776091119
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 08/02/2017
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 192
File size: 353 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Piet Matipa is ’n bekroonde rubriekskrywer wat onder meer ’n ATKV-mediaveertjie gewen het, asook ’n Standard Bank Sikuvile-toekenning as beste jongjoernalis in 2014. Hy was vir drie jaar ’n misdaadverslaggewer by Beeld en is tans ’n draaiboekskrywer vir 7de Laan.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews