Wanneer water wyn word

Wanneer water wyn word

Wanneer water wyn word

Wanneer water wyn word

eBook

$9.99  $11.51 Save 13% Current price is $9.99, Original price is $11.51. You Save 13%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Toe Vivian Brutus op 16-jarige ouderdom haar pa in die winkel waar sy uithelp se deur sien staan met sy hoed in sy hand het sy geweet haar lewe gaan onkeerbaar verander - haar pa het sy werk verloor. Hulle word uit hulle huis op Paternoster gesit en sy en ses sussies en 'n boetie word uitgedeel aan die famlie in Vredenburg. Vivian dink sy is gelukkig toe die veel ouer John by die werk wat sy noodgedwonge moes neem in haar begin belangstel. Hy belowe om vir haar gesin 'n huis in Vredenburg te kry, maar min weet sy die huis het 'n prys. So word Vivian uiteindelik vervreem van haar familie en verval sy in 'n spiraal van mishandeling. Sy laat haar egter nie onderkry nie. Sy besluit eendag dat sy genoeg gehad het, en loop uit die huwelik uit. Vivian begin haar lewe weer van voor af bou. Sy het 'n kop vir besigheid, en nadat sy onder andere gewerk het as 'n huisagent, 'n makelaar en 'n personeelagent, besluit sy om haar eie besigheid te begin. Sy begin haar eie wynetiket. Nou, jare later, het sy haar eerste oes afgehaal en die wyn word na die VSA uitgevoer. Vivian se verhaal is een van hoop, passie en deursettingsvermoë, en die wete dat God daar is, al lyk die omstandighede hoe sleg.

Product Details

ISBN-13: 9780796321893
Publisher: Lux Verbi
Publication date: 03/01/2019
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 208
File size: 372 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Vivian Kleynhans het grootgeword in Paternoster as een van agt kinders. Sy was al onder andere 'n finansiële makelaar en 'n huisagent, en het ook in die personeelbedryf gewerk. Sy wou nog altyd haar eie sakeonderneming bedryf en is die eienaar van Seven Sisters Wines op Stellenbosch, wat wyn uitvoer na die VSA.
Jacqueline Leuvennink het aan Stellenbosch Universiteit studeer. Sy het aanvanklik voltyds by Die Burger en Sarie gewerk, maar haar later gevestig as vryskutjoernalis vir verskeie tydskrifte (onder meer Insig, Sarie, Lig, Lééf en Rooi Rose). Jacqueline en Jaco het twee seuns en woon op Kleinmond.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews