Tydbom

Tydbom

by Francois Meyer
Tydbom

Tydbom

by Francois Meyer

eBook

$4.95 

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Francois Meyer se vyfde digbundel, tydbom, sien die lig met krag, emosie en insig en toon dit die duidelike groei wat hy as digter/skrywer ondergaan het. 'n Pad word gestap deur liefde soos dit in al die verskillende fasette vasgevang word. Met die intreevers – ''blomme is sensitief my lief/– bomme ook –/een letter te kort/laat liefde stol'', besef die leser sommer dadelik dat hierdie bundel totaal in 'n ander kategorie val.

Deurlopend is daar soveel deernis, emosie en sensitiwiteit en is die gedigte met keurige woordkeuse en taal tot beeld geruk. Van die gedigte vertel van sekere dele in verre stede wat hy besoek het en beeld hy die liefde uit 'n pikturale oogpunt aan.

Liefde word soms tot op die been gesny en gekloof deur sy unieke beeldspraak en woordkeuses. Familie-, kerk-, lewensmaat-, hartseerliefde en die opwinding van net om lief te hê word vasgevang en word dit ingedrink tot en met die laaste gedig in hierdie bundel. Dus is dit geen wonder dat die gedig liefde is soos die winter, wat die top vyftien van LitNet se Liefde is ...-kompetisie behaal het, ook in die bundel opgeneem is nie.

Francois se onkonvensionele styl word weereens duidelik getoon en verstom hy met sy diepte. Liefde word in tydbom in sy volle naaktheid uitgebeeld.


Product Details

BN ID: 2940163323920
Publisher: Francois Meyer
Publication date: 06/21/2019
Sold by: Smashwords
Format: eBook
File size: 284 KB
Age Range: 18 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Francois is op 21 Januarie 1994 in Bloemfontein gebore. Hy was ‘n leerling aan die Hoërskool Fichardtpark en sy digkuns is reeds op skool geprys. Hy debuteer met Tempora Animus op 19-jarige ouderdom in 2013. Vandaar het hy Onder die Dekmantel(2015), Digtershart (2016) en Pendulum (2017) as digbundels vrygestel. Francois is ‘n kampvegter vir lupus en sy prosaboek, Die wêreld deur haar oë, was vir twee weke die topverkoper op Kobo Books in vyf kategorieë. Hierdie publikasie is ook in Engels vrygestel. In 2017 word hy as Ink Skryf in Afrikaans se rubriekskrywer van die jaar aangewys en verwerf ook ‘n tweede plek in die kategorie Digter van die Jaar. In 2018 ontvang hy ‘n Radio Rosestad Roostoekenning vir sy bydrae tot die Afrikanerkultuur.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews