Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leesboek

Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leesboek

Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leesboek

Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leesboek

eBook

$5.80 

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

’n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Huistaal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediêre Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir ’n Graad 4-leerder soos jy. Wanneer jy hierdie leesboek lees, gaan jy jouself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks. Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is langer stories (uittreksels uit romans) en fotoverhale wat jou as jong leser nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of te dramatiseer. Daar is ook heelwat inligtings-, sosiale- en mediatekste wat jou lus vir lees sal aanwakker. Jy sal lees oor allerlei temas waarvan jy dalk nog nie weet nie of vreemde plekke ontdek waarvan jy dalk nog nooit gehoor het nie. Jy gaan resensies en advertensies lees om jou taalkennis uit te brei. Al hierdie lekker leeswerk gaan jou help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en jou taalbegrip bevorder. Vir die klaskamer Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien: Vrae wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is oor die meeste tekste. Toeligting by moeiliker tekste. Woordverklarings vir komplekse woorde. Die stappe van die leesproses.

Product Details

ISBN-13: 9781776071708
Publisher: Best Books
Publication date: 07/15/2017
Series: Piekfyn Afrikaans
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
File size: 5 MB
Age Range: 9 - 12 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Riens Vosloo is tans ’n vryskutsamesteller van opvoedkundige tekste vir Afrikaans Huistaal en EAT (Gr. 4-12). Sy stel letterkunde bloemlesings saam – meeste daarvan vir die katalogus van die DBO. Sy is bekend vir reekse soos Piekfyn, Verskuns, Kroonsteen, A Handful of Life en Creative Outcomes.
Fanie Viljoen woon in Bloemfontein en skryf jeugromans en dramas. Hy is ook 'n illustreerder en skilder graag. Hy het bekende romans soos Breinbliksem, Leeus met letsels en Onderwêreld geskryf. Verskeie van Fanie se radiodramas is al suksesvol uitgesaai.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews