Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse: Stories oor woorde, mense en aanhou beweeg en geraas maak

Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse: Stories oor woorde, mense en aanhou beweeg en geraas maak

by Herman Lategan
Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse: Stories oor woorde, mense en aanhou beweeg en geraas maak

Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse: Stories oor woorde, mense en aanhou beweeg en geraas maak

by Herman Lategan

eBook

$9.49  $11.00 Save 14% Current price is $9.49, Original price is $11. You Save 14%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Herman Lategan se verhouding met Afrikaans is soos ’n huwelik: stormagtig, uitbundig, wild, liefdevol. Hierdie versameling stories en besinnings uit die immergewilde skrywer se “Woorde wat wip”-rubriek wat tweeweekliks in Rapport verskyn, sal lesers met selfs die stroefste halleluja­gesigte opkikker. In hierdie boek kry jy insae in hoe stories rondom woorde gevorm word. Herman kies telkens ’n woord en bou ’n storie om dit. Die inhoud val uiteen as ’n tipe abecedarium – speelse inskripsies volgens die letters van die alfabet, dikwels met woorde wat nie meer alledaags gebruik word nie of die gevaar loop om in onbruik te raak. Herman is nie bang om (soms geniepsige) sosiale kommentaar te lewer nie, en van die stories handel oor verlies, verlange, patos; ander is sommer laf of selfs katterig. Al gewonder wat ʼn huilboerboom, meelwurms, kofia, ietsjoe­beentjie, sandkombers of kamdebooharpuisbos is? In hierdie boek word dié woorde, en vele meer, geaktiveer as spilpunte waarom heerlike stories verweef is. Ideaal vir proe-proe lees op enige plek waar jy jou sit of lê die lekkerste kry

Product Details

ISBN-13: 9781776091607
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 09/01/2018
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 216
File size: 1 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Herman Lategan is ʼn boorling van Kaapstad. Sy hart lê by die ontheemdes, buitestaanders en aweregse belhamels. Hy is ʼn bekroonde skrywerjoernalis wat al internasionaal gepubliseer is. Sy eerste bundel rubrieke en artikels, Binnekring van spookasems, het uitstekende resensies ontvang. Verdere publikasies sluit in: Gedigte in New Contrast, asook kortverhale in o.m. Bloots en Skrik op die lyf.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews