Melodie Omnibus 1

Melodie Omnibus 1

Melodie Omnibus 1

Melodie Omnibus 1

eBook

$10.99  $12.44 Save 12% Current price is $10.99, Original price is $12.44. You Save 12%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

In Hart van die son beland Nadia Pretorius in die hof ná traumatiese gebeure. Sy word vrygespreek danksy Dewald Duvenage se knap regsvaardighede en hy kry ook vir haar werk by sy pa se prokureursfirma. Maar Nadia is steeds vasgevang in die verlede en neem verlof om haar grootwordplek, waar alles begin het, te besoek. In Beenaf bokkie val die bodem uit Candy Cilliers, diere-aktivis, se wêreld toe haar ouers feitlik oornag alles verloor. Nou is hulle diep in die skuld by haar “oom”, Fouche Mulder, en hy verwag sy moet vir hom gaan huishou op sy plaas – waar hy sowaar toelaat dat mense onskuldige bokkies met gewere jag! In Romanse agter die skerms wen Colette ’n naweek op ’n gasteplaas saam met haar gunsteling-tydskrif se held van die maand. Maar die “held”, Emile, is juis die een man saam met wie Colette nié wil wees nie. Want hy hét al haar hart gebreek. Sal hierdie naweek hulle weer bymekaar bring? Of is dit die aantreklike Antoine de la Roche wat Colette se hart sal verower?

Product Details

ISBN-13: 9780624077367
Publisher: Melodie
Publication date: 06/06/2016
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 512
File size: 732 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Elza Rademeyer het haar die afgelope dekade bewys as ’n baie gewilde liefdesverhaalskrywer. Van haar mees bekende romans sluit in Mallemeule van die liefde; Op arendsvlerke; Verlief en verlore op Marion en Die onwillige bruid. Haar mees onlangse verhale is Rots van Stormbaai, Raaisel van die liefde, Klopdans van die liefde en Verlange na Brandersbaai.
Dirna Ackermann (gebore Liebenberg) het in Windhoek skoolgegaan. Sy het aan die einde van haar vyfde jaar op Stellenbosch Universiteit, waar sy biblioteekwese studeer het, met Darryl Ackermann getrou. Die egpaar het twee seuns en bly in Brackenfell. Op die ouderdom van 50 het sy ’n wilde kans gewaag, bedank uit haar posisie as bibliotekaresse en voltyds skrywer geword. Liefdesverhale is sedert haar tienerjare haar passie en sy glo onvoorwaardelik in die helende krag van stories.
Die gewilde skrywer Helena Hugo skryf en regisseer ook radiodramas. Sy het al drie keer die eerste plek in die Sanlam/RSG-radiodramakompetisie gewen en haar radiowerk is ook al met ’n ATKV-Mediaveertjie bekroon. Sedert 1995 skryf sy voltyds. Sy en haar man, Henk Hugo, woon op Roodepoort.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews